Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 36:8-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. SO het dan almal wat kunsvaardig was onder die werksmense die tabernakel uit tien tentdoeke vervaardig; uit fyn dubbeldraad-linne en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, met gérubs; as kunstige werk het hy dit gemaak.

9. Die lengte van elke tentdoek was agt-en-twintig el en die breedte van elke tentdoek vier el. Al die tentdoeke het een maat gehad.

10. En hy het vyf van die tentdoeke aanmekaargewerk, die een aan die ander; en weer vyf tentdoeke het hy aanmekaargewerk, die een aan die ander.

11. En hy het lissies van pers stof gemaak aan die soom van die buitenste tentdoek van die een stel; so het hy dit gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel.

12. Vyftig lissies het hy gemaak aan die een tentdoek, en vyftig lissies het hy gemaak aan die rand van die tentdoek wat aan die tweede stel behoort het. Die lissies was die een teenoor die ander.

13. Hy het ook vyftig goue hakies gemaak en die tentdoeke saamgevoeg, die een aan die ander, met die hakies, sodat die tabernakel een geheel was.

14. Verder het hy doeke van bokhaar gemaak as ’n tentseil oor die tabernakel: elf tentdoeke het hy dit gemaak.

15. Die lengte van elke tentdoek was dertig el, en die breedte van elke tentdoek vier el: die elf tentdoeke het een maat gehad.

16. En hy het vyf van die tentdoeke besonders aanmekaargewerk en ses van die tentdoeke besonders.

17. En hy het vyftig lissies gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die een stel, en vyftig lissies het hy gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel.

18. Hy het ook vyftig koperhakies gemaak om die tent saam te voeg, sodat dit een geheel was.

19. Ook het hy vir die tent ’n dekkleed van rooigeverfde ramsvelle gemaak en daar bo-oor ’n dekkleed van robbevelle.

Lees volledige hoofstuk Exodus 36