Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 36:11-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. En hy het lissies van pers stof gemaak aan die soom van die buitenste tentdoek van die een stel; so het hy dit gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel.

12. Vyftig lissies het hy gemaak aan die een tentdoek, en vyftig lissies het hy gemaak aan die rand van die tentdoek wat aan die tweede stel behoort het. Die lissies was die een teenoor die ander.

13. Hy het ook vyftig goue hakies gemaak en die tentdoeke saamgevoeg, die een aan die ander, met die hakies, sodat die tabernakel een geheel was.

14. Verder het hy doeke van bokhaar gemaak as ’n tentseil oor die tabernakel: elf tentdoeke het hy dit gemaak.

15. Die lengte van elke tentdoek was dertig el, en die breedte van elke tentdoek vier el: die elf tentdoeke het een maat gehad.

16. En hy het vyf van die tentdoeke besonders aanmekaargewerk en ses van die tentdoeke besonders.

17. En hy het vyftig lissies gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die een stel, en vyftig lissies het hy gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel.

Lees volledige hoofstuk Exodus 36