Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 35:30-35 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

30. Daarop het Moses aan die kinders van Israel gesê: Kyk, die Here het Besáleël, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep;

31. en Hy het hom met die Gees van God vervul, met wysheid, met verstand en met kennis en bekwaamheid vir allerhande werk;

32. en om kunstige planne uit te dink, om dié uit te voer in goud en silwer en koper,

33. en deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk — om werksaam te wees in allerhande kunsarbeid.

34. Hy het dit ook in sy hart gegee om ander te onderrig, aan hom en aan Ohóliab, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan.

35. Hy het hulle vervul met kunsvaardigheid om allerhande werk te maak van ’n ambagsman en ’n kunstenaar en van ’n bewerker van veelkleurige goed in pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne, en van ’n wewer — hulle wat al die werk moes verrig en kunstige planne moes uitdink.

Lees volledige hoofstuk Exodus 35