Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 35:26-32 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

26. En al die vroue wie se hart hulle opgewek het deur kunsvaardigheid, het die bokhaar gespin.

27. En die owerstes het die oniksstene gebring en die stene om in te lê, vir die skouerkleed en die borstas,

28. en die speserye en die olie vir die kandelaar en vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye.

29. Elke man en vrou wie se hart hulle aangedryf het om iets by te dra vir al die werk wat die Here deur die diens van Moses beveel het om te verrig — as vrywillige offergawe aan die Here het die kinders van Israel dit gebring.

30. Daarop het Moses aan die kinders van Israel gesê: Kyk, die Here het Besáleël, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep;

31. en Hy het hom met die Gees van God vervul, met wysheid, met verstand en met kennis en bekwaamheid vir allerhande werk;

32. en om kunstige planne uit te dink, om dié uit te voer in goud en silwer en koper,

Lees volledige hoofstuk Exodus 35