Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 35:13-27 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. die tafel met sy draaghoute en al sy gereedskap, en die toonbrode;

14. en die kandelaar tot verligting, met sy gereedskap en sy lampe, en die olie vir die kandelaar;

15. en die reukaltaar met sy draaghoute, en die salfolie en die reukwerk van speserye, en die bedekking vir die ingang van die tabernakel;

16. die brandofferaltaar met sy traliewerk van koper, sy draaghoute en al sy gereedskap; die waskom met sy voetstuk;

17. die behangsels van die voorhof, sy pilare en sy voetstukke, en die bedekking van die poort van die voorhof;

18. die penne van die tabernakel en die penne van die voorhof met hulle lyne;

19. die kunstige klere om in die heiligdom te dien, die heilige klere vir die priester Aäron en die klere van sy seuns om die priesteramp te bedien.

20. Toe het die hele vergadering van die kinders van Israel van Moses af weggegaan.

21. En elkeen wie se hart hom opgewek en elkeen wie se gees hom aangedryf het, het gekom: hulle het die offergawe van die Here gebring vir die werk aan die tent van samekoms en vir sy hele bediening en vir die heilige klere;

22. die manne het met die vroue gekom, elkeen wat gewillig van hart was; hulle het gespes en ringe en vingerringe en halssierade, allerhande goue goed, gebring. En elkeen wat ’n offer van goud aan die Here gewy het,

23. en elkeen wat in besit was van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle, het dit gebring.

24. Elkeen wat ’n offergawe van silwer of koper kon aanbied, het die offergawe van die Here gebring; en elkeen wat akasiahout besit het, wat oral by die werk kon gebruik word, het dit gebring.

25. En elke vrou wat kunsvaardig was, het met haar eie hande gespin en die spinsel gebring: die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne.

26. En al die vroue wie se hart hulle opgewek het deur kunsvaardigheid, het die bokhaar gespin.

27. En die owerstes het die oniksstene gebring en die stene om in te lê, vir die skouerkleed en die borstas,

Lees volledige hoofstuk Exodus 35