Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 34:7-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie; wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die kindskinders, aan die derde en aan die vierde geslag.

8. Toe het Moses hom gou na die aarde toe gebuig en neergeval

9. en gesê: Here, as ek genade in u oë gevind het, laat dan tog die Here in ons midde trek; want dit is ’n hardnekkige volk; maar vergewe ons ongeregtigheid en ons sonde, en neem ons aan as ’n erfdeel.

10. Toe antwoord Hy: Kyk, Ek sluit ’n verbond; voor jou hele volk sal Ek wonders doen soos daar op die hele aarde en onder al die nasies nie geskape is nie, sodat die hele volk onder wie jy is, die werk van die Here kan sien. Want verskriklik is dit wat Ek aan jou gaan doen.

11. Onderhou wat Ek jou vandag beveel. Kyk, Ek verdrywe voor jou uit die Amoriete, Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete.

12. Neem jou in ag dat jy geen verbond sluit met die inwoner van die land waarin jy kom nie; sodat hy nie miskien ’n strik by jou word nie.

13. Maar hulle altare moet julle omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme afkap.

14. Want jy mag jou nie neerbuig voor ’n ander god nie; want die Here se Naam is Jaloers — ’n jaloerse God is Hy.

15. Sluit tog nie ’n verbond met die inwoner van die land nie! As hulle agter hulle gode aan hoereer en aan hulle gode offer, sal hy jou uitnooi, en jy sal van sy offer eet;

16. en jy sal van sy dogters neem vir jou seuns, en sy dogters sal agter hulle gode aan hoereer en jou seuns agter hulle gode aan laat hoereer.

17. Jy mag vir jou geen gegote gode maak nie.

18. Die fees van die ongesuurde brode moet jy hou; sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos Ek jou beveel het, op die bepaalde tyd in die maand Abib; want in die maand Abib het jy uit Egipte uitgetrek.

Lees volledige hoofstuk Exodus 34