Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 26:29-36 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

29. En jy moet die style met goud oortrek; en hulle ringe, as plekke vir die dwarshoute, moet jy van goud maak. Die dwarshoute moet jy ook met goud oortrek.

30. So moet jy dan die tabernakel oprig volgens die plan wat jou op die berg getoon is.

31. VERDER moet jy ’n voorhangsel maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. As kunstige werk moet jy dit maak, met gérubs.

32. En jy moet dit ophang aan vier pilare van akasiahout wat met goud oorgetrek is en ook kramme van goud het en op vier silwervoetstukke staan.

33. En jy moet die voorhangsel onder die hakies ophang; en bring die ark van die Getuienis daar, binnekant die voorhangsel. En die voorhangsel moet vir julle ’n skeiding maak tussen die Heilige en die Allerheiligste.

34. En jy moet die versoendeksel op die ark van die Getuienis neerlê in die Allerheiligste.

35. En sit die tafel buitekant die voorhangsel, en die kandelaar teenoor die tafel aan die suidekant van die tabernakel. Maar die tafel moet jy aan die noordekant sit.

36. Jy moet ook vir die ingang van die tent ’n bedekking maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk.

Lees volledige hoofstuk Exodus 26