Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 26:21-35 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. met hulle veertig silwervoetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl.

22. En vir die agterkant van die tabernakel, teen die weste, moet jy ses style maak.

23. Ook moet jy twee style maak vir die hoeke van die tabernakel, aan die agterkant.

24. En hulle moet van onder dubbel wees, en net so moet hulle bo dubbel wees tot by die eerste ring. So moet dit met altwee wees; hulle moet die twee hoeke vorm.

25. So moet daar dan agt style wees met hulle silwervoetstukke, sestien voetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl.

26. Jy moet ook dwarshoute van akasiahout maak: vyf vir die style van die een sykant van die tabernakel

27. en vyf dwarshoute vir die style van die ander sykant van die tabernakel; ook vyf dwarshoute vir die style van die agterkant van die tabernakel teen die weste.

28. En die middelste dwarshout moet in die middel van die style oordwars loop, van die een ent na die ander.

29. En jy moet die style met goud oortrek; en hulle ringe, as plekke vir die dwarshoute, moet jy van goud maak. Die dwarshoute moet jy ook met goud oortrek.

30. So moet jy dan die tabernakel oprig volgens die plan wat jou op die berg getoon is.

31. VERDER moet jy ’n voorhangsel maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. As kunstige werk moet jy dit maak, met gérubs.

32. En jy moet dit ophang aan vier pilare van akasiahout wat met goud oorgetrek is en ook kramme van goud het en op vier silwervoetstukke staan.

33. En jy moet die voorhangsel onder die hakies ophang; en bring die ark van die Getuienis daar, binnekant die voorhangsel. En die voorhangsel moet vir julle ’n skeiding maak tussen die Heilige en die Allerheiligste.

34. En jy moet die versoendeksel op die ark van die Getuienis neerlê in die Allerheiligste.

35. En sit die tafel buitekant die voorhangsel, en die kandelaar teenoor die tafel aan die suidekant van die tabernakel. Maar die tafel moet jy aan die noordekant sit.

Lees volledige hoofstuk Exodus 26