Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 23:5-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. As jy jou vyand se esel onder sy pak sien lê, moet jy dit nie onverskillig aan hom oorlaat nie: jy moet dit sekerlik saam met hom aflaai.

6. Jy mag die reg van jou arm mense in hulle regsaak nie verdraai nie.

7. Hou jou ver van valse sake af. En moenie die onskuldige en die wat reg het, ombring nie, want Ek sal die skuldige nie regverdig verklaar nie.

8. Ook mag jy geen omkoopgeskenk aanneem nie; want die geskenk maak die siendes blind en verdraai die sake van die regverdiges.

9. Jy mag die vreemdeling ook nie verdruk nie; want julle ken self die gemoed van ’n vreemdeling, omdat julle vreemdelinge in Egipteland gewees het.

10. En ses jaar lank moet jy jou land besaai en die opbrings daarvan insamel;

11. maar in die sewende moet jy dit ongebruik en braak laat lê, dat die arm mense van jou volk kan eet; en wat hulle laat oorbly, kan die diere van die veld opeet. So moet jy doen met jou wingerd en jou olyfbome.

12. Ses dae moet jy jou werk verrig, maar op die sewende dag moet jy rus, dat jou os en jou esel kan uitrus en die seun van jou slavin en die vreemdeling kan asem skep.

13. En in alles wat Ek julle gesê het, moet julle jul in ag neem. En die naam van ander gode mag julle nie vermeld nie; dit mag uit jou mond nie gehoor word nie.

Lees volledige hoofstuk Exodus 23