Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 20:6-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.

7. Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydellik gebruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.

8. Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig.

9. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;

10. maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God; dan mag jy géén werk doen nie — jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.

11. Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die Here die sabbatdag geseën en dit geheilig.

12. Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die Here jou God aan jou gee.

13. Jy mag nie doodslaan nie.

14. Jy mag nie egbreek nie.

15. Jy mag nie steel nie.

16. Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.

17. Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.

18. En toe die hele volk die donderslae en die blitse en die geluid van die basuin en die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op ’n afstand bly staan.

19. En hulle het vir Moses gesê: Spreek u met ons, dat ons kan luister; maar laat God nie met ons spreek nie, anders sterwe ons.

Lees volledige hoofstuk Exodus 20