Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 20:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE het God al hierdie woorde gespreek en gesê:

2. Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.

3. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.

4. Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.

5. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die Here jou God, is ’n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;

6. en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.

7. Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydellik gebruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.

8. Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig.

Lees volledige hoofstuk Exodus 20