Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 19:14-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Toe het Moses van die berg af na die volk gegaan en die volk geheilig, en hulle het hul klere gewas.

15. En hy het aan die volk gesê: Hou julle klaar teen die derde dag; moenie naby die vrou kom nie.

16. En op die derde dag toe dit môre word, was daar donderslae en blitse en ’n swaar wolk op die berg en die geluid van ’n baie sterk basuin, sodat die hele volk wat in die laer was, gebeef het.

17. Daarop het Moses die volk uit die laer gelei om God te ontmoet, en hulle het gaan staan by die voet van die berg.

18. En die hele berg Sinai het gerook, omdat die Here in ’n vuur daarop neergedaal het. En sy rook het opgetrek soos die rook van ’n oond, en die hele berg het vreeslik gebewe.

19. Toe die geluid van die basuin sterker en sterker word, het Moses gespreek, en God het hom telkens hardop geantwoord.

20. Terwyl die Here op die berg Sinai neerdaal, op die top van die berg, het die Here Moses na die top van die berg geroep, en Moses het opgeklim.

21. En die Here het vir Moses gesê: Klim af, waarsku die volk, dat hulle nie na die Here toe deurbreek om te sien en baie van hulle dan val nie.

22. En ook die priesters wat naby die Here kom, moet hulleself heilig, sodat die Here nie teen hulle losbreek nie.

23. Toe het Moses die Here geantwoord: Die volk kan nie op die berg Sinai klim nie, want U het ons self gewaarsku en gesê: Baken die berg af en heilig dit.

24. Daarop sê die Here vir hom: Gaan heen, klim af. Dan moet jy, en Aäron saam met jou, opklim; maar die priesters en die volk mag nie deurbreek om na die Here toe op te klim nie, sodat Hy nie teen hulle losbreek nie.

Lees volledige hoofstuk Exodus 19