Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 17:8-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. DAAROP het Ámalek gekom om teen Israel by Ráfidim te veg.

9. En Moses het aan Josua gesê: Kies vir ons manne en trek uit, veg teen Ámalek. Môre sal ek op die top van die heuwel staan met die staf van God in my hand.

10. En Josua het gedoen soos Moses aan hom gesê het, om te veg teen Ámalek. Maar Moses, Aäron en Hur het op die top van die heuwel geklim.

11. En telkens as Moses sy hand ophou, was Israel die sterkste; maar as hy sy hand laat sak, was Ámalek die sterkste.

12. Maar die hande van Moses het swaar geword; daarom het hulle ’n klip geneem en dit onder hom neergelê, dat hy daarop kon sit. En Aäron en Hur het sy hande ondersteun, die een duskant en die ander anderkant. So het sy hande dan vas gebly tot sononder.

13. En Josua het Ámalek en sy volk met die skerpte van die swaard ’n neerlaag toegebring.

14. Toe sê die Here vir Moses: Skrywe dit as ’n aandenking in ’n boek en prent dit Josua in, dat Ek die gedagtenis van Ámalek onder die hemel heeltemal sal uitdelg.

15. En Moses het ’n altaar gebou en dit genoem: Die Here is my banier.

16. En hy het gesê: Waarlik, die hand op die troon van die Here! Oorlog het die Here teen Ámalek van geslag tot geslag.

Lees volledige hoofstuk Exodus 17