Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 17:4-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Toe het Moses die Here aangeroep en gesê: Wat moet ek met hierdie volk doen? Dit skeel maar min of hulle stenig my.

5. En die Here het Moses geantwoord: Trek voor die volk uit, en neem van die oudstes van Israel met jou saam; en neem jou staf waarmee jy die Nyl geslaan het, in jou hand en gaan weg.

6. Kyk, Ek sal daar voor jou by die rots op Horeb staan; dan moet jy die rots slaan, en daar sal water uit kom, dat die volk kan drink. En Moses het so gedoen voor die oë van die oudstes van Israel

7. en die plek Massa en Mériba genoem vanweë die twis van die kinders van Israel en omdat hulle die Here versoek het deur te sê: Is die Here in ons midde of nie?

8. DAAROP het Ámalek gekom om teen Israel by Ráfidim te veg.

9. En Moses het aan Josua gesê: Kies vir ons manne en trek uit, veg teen Ámalek. Môre sal ek op die top van die heuwel staan met die staf van God in my hand.

Lees volledige hoofstuk Exodus 17