Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 15:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE het Moses en die kinders van Israel hierdie lied tot eer van die Here gesing; en dit is wat hulle gesê het: Ek wil sing tot eer van die Here, want Hy is hoog verhewe. Die perd en sy ruiter het Hy in die see gewerp.

2. Die Here is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword. Hy is my God, Hom sal ek roem; die God van my vader, Hom sal ek verhef.

3. Die Here is ’n krygsman; Here is sy naam.

4. Hy het Farao se strydwaens en sy leërmag in die see gewerp. En sy beste vegsmanne het in die Skelfsee gesink.

5. Die watervloede het hulle oordek. Hulle het in die kolke gesink soos ’n klip.

6. o Here, u regterhand is verheerlik deur krag. U regterhand, o Here, verpletter die vyand.

7. En in u grote hoogheid werp U diegene neer wat teen U opstaan. U stuur u toorngloed uit: dit verteer hulle soos ’n stoppel.

8. En deur die geblaas van u neus het die waters hulle opgestapel, die strome het bly staan soos ’n wal, die watervloede het styf geword in die hart van die see.

Lees volledige hoofstuk Exodus 15