Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 12:29-35 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

29. En middernag het die Here al die eersgeborenes in Egipteland getref, van die eersgeborene van Farao af wat op sy troon gesit het, tot die eersgeborene van die gevangene toe wat in die gevangenis was, en al die eersgeborenes van die diere.

30. Toe staan Farao in die nag op, hy en al sy dienaars en al die Egiptenaars, en daar was ’n groot gejammer in Egipte, want daar was geen huis waar geen dooie in was nie.

31. Daarop het hy Moses en Aäron in die nag laat roep en gesê: Maak julle klaar, trek weg onder my volk uit, julle sowel as die kinders van Israel, en gaan dien die Here soos julle gespreek het.

32. Neem ook julle kleinvee en julle beeste saam soos julle gespreek het, en gaan weg en seën my ook.

33. En die Egiptenaars het by die volk sterk aangehou — om hulle gou uit die land uit te stuur. Want hulle het gesê: Ons is almal dood!

34. Toe neem die volk hulle deeg voordat dit ingesuur was, met hulle bakskottels, in hulle mantels toegebind, op die skouers.

35. En die kinders van Israel het gehandel volgens die woord van Moses: hulle het van die Egiptenaars silwergoed en goue goed en klere geëis;

Lees volledige hoofstuk Exodus 12