Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 10:20-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

20. Maar die Here het Farao se hart verhard, sodat hy die kinders van Israel nie laat trek het nie.

21. VERDER het die Here vir Moses gesê: Steek jou hand na die hemel uit, en daar sal duisternis oor Egipteland kom, sodat ’n mens die duisternis kan gryp.

22. Toe Moses sy hand uitsteek na die hemel, kom daar ’n dik duisternis in die hele Egipteland, drie dae lank.

23. Die een het die ander nie gesien nie, en niemand het van sy plek opgestaan nie, drie dae lank. Maar al die kinders van Israel het lig in hulle woonplekke gehad.

24. Toe het Farao Moses laat roep en gesê: Gaan heen, dien die Here; net julle kleinvee en julle beeste moet agtergehou word. Selfs julle kinders kan met julle saamgaan.

25. Maar Moses antwoord: U moet self ook slagoffers en brandoffers met ons saam gee, dat ons dit aan die Here onse God kan aanbied.

26. En ons vee moet ook met ons saamgaan: daar mag geen klou agterbly nie! Want daarvan moet ons neem om die Here onse God te dien. En ons weet nie waarmee ons die Here onse God sal dien voordat ons daar kom nie.

27. Maar die Here het Farao se hart verhard, en hy wou hulle nie laat trek nie.

28. Maar Farao sê vir hom: Gaan weg van my af! Pas op dat jy my aangesig nie weer sien nie; want die dag as jy my aangesig sien, sal jy sterwe.

29. En Moses antwoord: U het reg gepraat. Ek sal u aangesig nie weer sien nie.

Lees volledige hoofstuk Exodus 10