Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 10:18-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. En hy het van Farao af weggegaan en tot die Here gebid.

19. Daarop laat die Here die wind omslaan in ’n baie sterk westewind; dié het die sprinkane opgetel en hulle in die Skelfsee gedrywe. Daar het nie een sprinkaan in die hele gebied van Egipte oorgebly nie.

20. Maar die Here het Farao se hart verhard, sodat hy die kinders van Israel nie laat trek het nie.

21. VERDER het die Here vir Moses gesê: Steek jou hand na die hemel uit, en daar sal duisternis oor Egipteland kom, sodat ’n mens die duisternis kan gryp.

22. Toe Moses sy hand uitsteek na die hemel, kom daar ’n dik duisternis in die hele Egipteland, drie dae lank.

23. Die een het die ander nie gesien nie, en niemand het van sy plek opgestaan nie, drie dae lank. Maar al die kinders van Israel het lig in hulle woonplekke gehad.

Lees volledige hoofstuk Exodus 10