Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 1:7-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Maar die kinders van Israel was vrugbaar en het baie geword, en hulle het vermeerder en buitengewoon magtig geword, sodat die land vol was van hulle.

8. Toe staan daar ’n nuwe koning oor Egipte op wat niks van Josef geweet het nie.

9. Dié het aan sy volk gesê: Kyk, die volk van die kinders van Israel is meer en magtiger as ons.

10. Kom, laat ons ’n slim plan teen hulle beraam, sodat hulle nie kan vermeerder nie, en as ons in oorlog geraak, hulle ook nie by ons vyande aansluit en teen ons veg en uit die land optrek nie.

11. Daar is toe opsigters van dwangarbeid oor hulle aangestel om hulle met harde arbeid te verdruk. En hulle het vir Farao die voorraadstede Pitom en Raämses gebou.

12. Maar hoe meer hulle verdruk is, hoe meer het hulle vermenigvuldig en hulle uitgebrei, sodat hulle bang geword het vir die kinders van Israel.

13. Daarom het die Egiptenaars die kinders van Israel met hardheid laat dien

14. en hulle lewe verbitter deur swaar werk met klei en bakstene en deur allerhande werk in die landerye — al dié werk wat hulle met hardheid deur hulle laat verrig het.

Lees volledige hoofstuk Exodus 1