Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 6:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. IN dieselfde nag het die slaap van die koning gewyk, en hy het gesê dat hulle die gedenkskrif, die kronieke, moes bring. En toe dit die koning voorgelees word,

2. vind hulle daar beskrywe dat Mórdegai openbaar gemaak het dat Bigtána en Teres, twee hofdienaars van die koning, uit die drumpelwagters, getrag het om die hand aan koning Ahasvéros te slaan.

3. Daarop sê die koning: Watter eer en verhoging het Mórdegai daarvoor te beurt geval? En die jongmanne van die koning, sy dienaars, het geantwoord: Met hom het niks gebeur nie.

4. Toe sê die koning: Wie is in die voorhof? — juis toe Haman in die buitenste voorhof van die koninklike paleis kom om aan die koning te sê dat hulle Mórdegai moes ophang aan die galg wat hy vir hom laat oprig het.

Lees volledige hoofstuk Ester 6