Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 4:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE Mórdegai verneem alles wat gebeur het, het Mórdegai sy klere geskeur en ’n roukleed aangetrek, en daar was as op sy hoof; en hy het uitgegaan dwarsdeur die stad en hardop en bitter geskreeu.

2. So het hy dan tot voor die poort van die koning gekom; want niemand het met ’n roukleed aan by die poort van die koning mag ingaan nie.

3. En in al die provinsies waar die bevel van die koning en sy wet ook al aankom, was daar groot rou onder die Jode met vas en geween en rouklag; baie het sak en as onder hulle uitgesprei.

4. Toe die meisies van Ester en haar hofdienaars kom en haar dit meedeel, was die koningin baie beangs, en sy het klere gestuur om Mórdegai dit aan te trek en om sy roukleed van hom weg te neem; maar hy het dit nie aangeneem nie.

5. Hierop roep Ester Hatag, een van die hofdienaars van die koning, wat hy in haar diens gestel het, en beveel hom om na Mórdegai te gaan om te verneem wat dit beteken en waarom dit gebeur.

6. En Hatag het uitgegaan na Mórdegai na die stadsplein wat voor die poort van die koning gelê het.

Lees volledige hoofstuk Ester 4