Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 1:4-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. waarby hy die rykdom van sy koninklike heerlikheid en die skitterende prag van sy grootheid baie dae, honderd-en-tagtig dae lank, vertoon het.

5. En toe dié dae verby was, het die koning vir al die mense wat in die vesting Susan aanwesig was, van die grootste tot die kleinste, ’n maaltyd berei, sewe dae lank, op die voorplein van die tuin van die koninklike paleis.

6. Linne-, katoen- en pers stowwe was met linne- en purperrooi bande vasgemaak aan silwerringe en marmerpilare! Goue en silwerrusbanke op ’n plaveisel van malachiet en van witmarmer en perlemoensteen en gevlekte marmer!

7. Daarby het hy hulle laat drink uit goue bekers, en die een beker was verskillend van die ander beker, en daar was koninklike wyn in oorvloed, eg koninklik!

8. En hulle het gedrink volgens voorskrif: niemand het gedwing nie; want so het die koning bevel gegee aan al die hoë beamptes van sy paleis, dat hulle na elkeen se sin moes handel.

9. Ook het die koningin Vasti ’n vrouemaaltyd aangerig in die koninklike paleis van koning Ahasvéros.

10. Op die sewende dag, toe die hart van die koning vrolik was van die wyn, het hy aan Mehúman, Bista, Harbóna, Bigta en Abágta, Setar en Karkas, die sewe hofdienaars wat voor koning Ahasvéros gedien het, gesê

11. dat hulle koningin Vasti met die koninklike kroon op voor die koning moet bring om haar skoonheid aan die volke en die vorste te toon, want sy was mooi van aansien.

12. Maar koningin Vasti het geweier om te kom op die bevel van die koning deur middel van die hofdienaars aan haar oorgebring. Toe het die koning baie kwaad geword, en sy woede het in hom ontvlam.

13. En die koning het aan die wyse manne, die kenners van die tye, gesê — want só word die sake van die koning aan al die kenners van wet en reg voorgelê;

Lees volledige hoofstuk Ester 1