Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 1:3-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. in die derde jaar van sy regering, het hy ’n maaltyd berei vir al sy vorste en sy dienaars; die leërmag van Persië en Medië, die vername manne en die vorste van die provinsies was voor hom;

4. waarby hy die rykdom van sy koninklike heerlikheid en die skitterende prag van sy grootheid baie dae, honderd-en-tagtig dae lank, vertoon het.

5. En toe dié dae verby was, het die koning vir al die mense wat in die vesting Susan aanwesig was, van die grootste tot die kleinste, ’n maaltyd berei, sewe dae lank, op die voorplein van die tuin van die koninklike paleis.

6. Linne-, katoen- en pers stowwe was met linne- en purperrooi bande vasgemaak aan silwerringe en marmerpilare! Goue en silwerrusbanke op ’n plaveisel van malachiet en van witmarmer en perlemoensteen en gevlekte marmer!

7. Daarby het hy hulle laat drink uit goue bekers, en die een beker was verskillend van die ander beker, en daar was koninklike wyn in oorvloed, eg koninklik!

8. En hulle het gedrink volgens voorskrif: niemand het gedwing nie; want so het die koning bevel gegee aan al die hoë beamptes van sy paleis, dat hulle na elkeen se sin moes handel.

Lees volledige hoofstuk Ester 1