Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 1:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN in die dae van Ahasvéros — dit is die Ahasvéros wat geregeer het van Indië af tot by Kus, honderd-sewen-en-twintig provinsies —

2. in dié dae toe koning Ahasvéros op sy koninklike troon in die vesting Susan gesit het,

3. in die derde jaar van sy regering, het hy ’n maaltyd berei vir al sy vorste en sy dienaars; die leërmag van Persië en Medië, die vername manne en die vorste van die provinsies was voor hom;

4. waarby hy die rykdom van sy koninklike heerlikheid en die skitterende prag van sy grootheid baie dae, honderd-en-tagtig dae lank, vertoon het.

Lees volledige hoofstuk Ester 1