Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 9:13-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. En ná alles wat oor ons gekom het vanweë ons slegte dade en ons groot skuld — want U, onse God, het ons minder toegereken as wat ons ongeregtighede verdien het, en aan ons nog soveel vrygeraaktes gegee —

14. sal ons weer u gebooie verbreek en ons verswaer met hierdie gruwelike volke? Sal U nie op ons vertoorn wees, totdat ons vernietig is, sodat daar geen oorblyfsel of vrygeraakte meer is nie?

15. Here, God van Israel, U is regverdig; want ons het as vrygeraaktes oorgebly soos dit vandag is. Hier is ons in ons skuld voor u aangesig, want niemand kan om sulke dinge voor u aangesig bestaan nie.

Lees volledige hoofstuk Esra 9