Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 2:64-70 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

64. Die hele vergadering saam was twee-en-veertigduisend-driehonderd-en-sestig,

65. behalwe hulle slawe en hulle slavinne; dié was seweduisend-driehonderd-sewen-en-dertig. En hulle het tweehonderd sangers en sangeresse gehad.

66. Hulle perde was sewehonderd-ses-en-dertig; hulle muile, tweehonderd-vyf-en-veertig;

67. hulle kamele, vierhonderd-vyf-en-dertig; esels, sesduisend-sewehonderd-en-twintig.

68. En van die familiehoofde het, toe hulle by die huis van die Here kom wat in Jerusalem is, vrywillig gegee vir die huis van God om dit weer op te rig op sy plek.

69. Na hul vermoë het hulle bygedra tot die fonds van die werk: in goud een-en-sestigduisend dragmes, en in silwer vyfduisend mines en honderd priesterrokke.

70. So het dan die priesters en die Leviete en van die volk en die sangers en die poortwagters en die tempelbediendes in hulle stede gaan woon, en die hele Israel in húlle stede.

Lees volledige hoofstuk Esra 2