Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 2:56-65 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

56. die kinders van Jáäla, die kinders van Darkon, die kinders van Giddel;

57. die kinders van Sefátja, die kinders van Hattil, die kinders van Pogéret-Hassebáim, die kinders van Ami —

58. al die tempelbediendes en die kinders van die dienaars van Salomo was driehonderd-twee-en-negentig.

59. En dit is hulle wat uit Tel-Melag, Tel-Harsa, Kerub, Addan, Immer opgetrek het, maar wat nie hulle familie en hulle afkoms kon aanwys of hulle van Israel afkomstig was nie —

60. die kinders van Delája, die kinders van Tobía, die kinders van Nekóda, seshonderd-twee-en-vyftig.

61. En van die kinders van die priesters: die kinders van Habája, die kinders van Hakkos, die kinders van Barsíllai, wat uit die dogters van Barsíllai, die Gileadiet, ’n vrou geneem het en na hulle naam genoem is.

62. Hulle het hul stamboom gesoek onder die wat in die register opgeneem is, maar dit was nie te vinde nie; daarom is hulle onbevoeg verklaar vir die priesterskap.

63. En die goewerneur het aan hulle gesê dat hulle nie mag eet van die hoogheilige gawes nie, totdat ’n priester sou optree met Urim en Tummim.

64. Die hele vergadering saam was twee-en-veertigduisend-driehonderd-en-sestig,

65. behalwe hulle slawe en hulle slavinne; dié was seweduisend-driehonderd-sewen-en-dertig. En hulle het tweehonderd sangers en sangeresse gehad.

Lees volledige hoofstuk Esra 2