Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 2:31-43 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

31. die kinders van die ander Elam, duisend-tweehonderd-vier-en-vyftig;

32. die kinders van Harim, driehonderd-en-twintig;

33. die kinders van Lod, Hadid en Ono, sewehonderd-vyf-en-twintig;

34. die kinders van Jérigo, driehonderd-vyf-en-veertig;

35. die kinders van Sénaä, drieduisend-seshonderd-en-dertig.

36. Die priesters: die kinders van Jedája, van die huis van Jésua, negehonderd-drie-en-sewentig;

37. die kinders van Immer, duisend-twee-en-vyftig;

38. die kinders van Pasgur, duisend-tweehonderd-sewen-en-veertig;

39. die kinders van Harim, duisend-en-sewentien.

40. Die Leviete: die kinders van Jésua en Kádmiël, van die kinders van Hodáwja, vier-en-sewentig.

41. Die sangers: die kinders van Asaf, honderd-agt-en-twintig.

42. Die kinders van die poortwagters: die kinders van Sallum, die kinders van Ater, die kinders van Talmon, die kinders van Akkub, die kinders van Hatíta, die kinders van Sobai, almal saam honderd-negen-en-dertig.

43. Die tempelbediendes: die kinders van Siha, die kinders van Hasúfa, die kinders van Tábbaot;

Lees volledige hoofstuk Esra 2