Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 2:1-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN dit is die inwoners van die provinsie Juda wat opgetrek het uit die gevangenskap van die ballinge wat Nebukadnésar, die koning van Babel, na Babel weggevoer het, wat na Jerusalem en Juda teruggekeer het, elkeen na sy stad;

2. wat saam met Serubbábel, Jésua, Nehemía, Serája, Reëlája, Mórdegai, Bilsan, Mispar, Bigwai, Rehum, Baäna gekom het; die aantal manne van die volk van Israel was:

3. die kinders van Parhos, tweeduisend-eenhonderd-twee-en-sewentig;

4. die kinders van Sefátja, driehonderd-twee-en-sewentig;

5. die kinders van Arag, sewehonderd-vyf-en-sewentig;

6. die kinders van Pahat-Moab, van die kinders van Jésua en Joab, tweeduisend-agthonderd-en-twaalf;

7. die kinders van Elam, duisend-tweehonderd-vier-en-vyftig;

8. die kinders van Sattu, negehonderd-vyf-en-veertig;

9. die kinders van Sakkai, sewehonderd-en-sestig;

10. die kinders van Bani, seshonderd-twee-en-veertig;

11. die kinders van Bébai, seshonderd-drie-en-twintig;

12. die kinders van Asgad, duisend-tweehonderd-twee-en-twintig;

13. die kinders van Adoníkam, seshonderd-ses-en-sestig;

Lees volledige hoofstuk Esra 2