Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 7:1-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DAARNA het die woord van die Here tot my gekom en gesê:

2. En jy, mensekind, so spreek die Here Here tot die land van Israel: Einde! Die einde het gekom oor die vier hoeke van die land.

3. Nou is die einde oor jou, en Ek sal my toorn teen jou uitstuur en jou oordeel volgens jou weë en al jou gruwels op jou laat neerkom;

4. en my oog sal jou nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie, maar Ek sal jou wandel op jou laat neerkom, en jou gruwels sal in jou midde wees; en julle sal weet dat Ek die Here is.

5. So sê die Here Here: Onheil op onheil, kyk, dit kom!

6. ’n Einde kom, die einde kom, dit word wakker teen jou; kyk, dit kom!

7. Die lotsverandering kom teen jou, inwoner van die land! Die tyd kom, die dag is naby! Rumoer en geen vreugdegeroep op die berge nie!

8. Nou sal Ek binnekort my grimmigheid oor jou uitgiet en my toorn teen jou laat uitwoed en jou oordeel volgens jou weë en al jou gruwels op jou laat neerkom.

9. En my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie; Ek sal dit op jou laat neerkom volgens jou weë, en jou gruwels sal in jou midde wees; en julle sal weet dat Ek die Here is wat slaan.

10. Kyk, die dag, kyk, hy kom! Die lotsverandering het uitgegaan, die roede het gebloei, die trotsheid het uitgespruit.

11. Die geweld het opgegroei tot ’n roede van goddeloosheid; niks van hulle sal oorbly nie of van hulle menigte of van hulle gedruis, en niks heerliks sal aan hulle wees nie.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 7