Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 48:30-35 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

30. En dit is die uitgange van die stad: aan die noordekant vierduisend-vyfhonderd el lengtemaat.

31. En die poorte van die stad moet wees volgens die name van die stamme van Israel; drie poorte teen die noorde: die poort van Ruben, een; die poort van Juda, een; die poort van Levi, een.

32. En na die oostekant vierduisend-vyfhonderd el; en drie poorte, naamlik: die poort van Josef, een; die poort van Benjamin, een; die poort van Dan, een.

33. En die suidekant vierduisend-vyfhonderd lengtemaat; en drie poorte: die poort van Símeon, een; die poort van Íssaskar, een; die poort van Sébulon, een.

34. Die westekant vierduisend-vyfhonderd; hulle poorte drie: die poort van Gad, een; die poort van Aser, een; die poort van Náftali, een;

35. rondom agttienduisend el; en die naam van die stad sal van vandag af wees: Die Here is daar!

Lees volledige hoofstuk Eségiël 48