Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 42:2-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. oor ’n lengte van honderd el, langs die noordelike ingang, en ’n breedte van vyftig el.

3. Teenoor die twintig el wat by die binneste voorhof behoort, en teenoor die plaveisel wat by die buitenste voorhof behoort, was galery teenoor galery in drie verdiepinge.

4. En voor die kamers was ’n gang van tien el breedte, na binnetoe, honderd el lank; en hulle deure was teen die noorde.

5. En die boonste kamers was korter, want die galerye het ruimte van hulle weggeneem in vergelyking met die onderstes en die middelstes in die bouwerk;

6. want hulle het drie verdiepinge gehad, maar geen pilare soos die pilare van die voorhowe nie; daarom is daar ruimte weggeneem in vergelyking met die onderstes en die middelstes, van die grond af.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 42