Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 41:22-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. Die altaar was van hout, drie el hoog, en sy lengte twee el, en dit het sy hoekstukke gehad; en sy voetstuk en sy sykante was van hout. En hy het vir my gesê: Dit is die tafel wat voor die aangesig van die Here is.

23. En die hoofvertrek en die heiligdom het elkeen twee deure gehad.

24. En die deure het twee vleuels gehad, twee vleuels wat kon draai; twee vir die een deur en twee vleuels vir die ander een.

25. En daarop, op die deure van die hoofvertrek, is gérubs en palmbome aangebring soos daar op die mure aangebring is; en daar was ’n afdak van hout vooraan die voorportaal buitekant.

26. En daar was vensters van latwerk en palmbome aan weerskante aan die symure van die voorportaal; en aan die sykamers van die huis en die afdakke.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 41