Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 41:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VERDER het hy my in die hoofvertrek gebring; en hy het die deurposte gemeet: ses el die breedte aan die een en ses el die breedte aan die ander kant, die breedte van die tent.

2. En die breedte van die ingang: tien el, en die symure van die ingang: vyf el aan weerskante; ook het hy die lengte daarvan gemeet: veertig el, en die breedte: twintig el.

3. Daarop het hy ingegaan na die binneste, en hy het die deurpos van die ingang gemeet: twee el, en die ingang: ses el, en die breedte by die ingang: sewe el.

4. Ook het hy die lengte daarvan gemeet: twintig el, en die breedte: twintig el na die kant van die hoofvertrek. En hy het vir my gesê: Dit is die Allerheiligste.

5. En hy het die muur van die huis gemeet: ses el, en die breedte van die aanbousel: vier el, aan alle kante rondom die huis.

6. En die sykamers het in drie verdiepinge bo mekaar gelê, in rye van dertig; en daar was in die muur van die huis rondom inspringinge vir die sykamers, om daarop te dra; maar hulle het nie gedra op die muur van die huis nie;

Lees volledige hoofstuk Eségiël 41