Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 40:22-28 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. En sy vensters en sy voorportaal en sy palmbome het dieselfde afmeting gehad as by die poort waarvan die voorkant na die ooste lê: en ’n mens kon daarin opklim met sewe trappe; en sy voorportaal was daarvoor.

23. En daar was ’n poort na die binneste voorhof teenoor die poort na die noorde en na die ooste; en hy het gemeet van poort tot poort: honderd el.

24. Daarop het hy my na die suide laat gaan; en kyk, daar was ’n poort na die suide; en hy het sy deurposte en sy voorportaal gemeet volgens die vorige afmetinge.

25. En dit het vensters gehad, ook sy voorportaal, al rondom soos die vorige vensters; die lengte was vyftig el en die breedte vyf-en-twintig el.

26. En sy trap het sewe trappies gehad, en sy voorportaal was daarvoor; en dit het palmbome gehad, een aan die een en een aan die ander kant, op sy deurposte.

27. Ook was daar ’n poort na die binneste voorhof na die suide; en hy het van poort tot poort gemeet, na die suide: honderd el.

28. Verder het hy my deur die suidpoort gebring na die binneste voorhof; en hy het die suidpoort gemeet: dit het dieselfde afmetinge gehad.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 40