Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 40:1-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. IN die vyf-en-twintigste jaar van ons ballingskap, in die begin van die jaar, op die tiende van die eerste maand, in die veertiende jaar nadat die stad ingeneem is, op daardie selfde dag, was die hand van die Here op my, en Hy het my daarheen gebring.

2. In gesigte van God het Hy my in die land van Israel gebring en my neergesit op ’n baie hoë berg, en daarop iets wat soos ’n stad gebou was, teen die suide.

3. En Hy het my daarheen gebring; en kyk, daar was ’n man wat in sy voorkoms soos koper gelyk het; en in sy hand was ’n linnetou en ’n meetroede; en hy het by die poort gestaan.

4. En die man het met my gespreek: Mensekind, kyk met jou oë en hoor met jou ore en gee ag op alles wat ek jou sal laat sien; want om jou dit te laat sien, is jy hierheen gebring. Verkondig aan die huis van Israel alles wat jy sien.

5. En kyk, daar was ’n muur aan die buitekant van die huis al rondom, en in die man se hand was die meetroede van ses el (elkeen was ’n el en ’n handbreedte); en hy het die dikte van die bouwerk gemeet: een roede, en die hoogte: een roede.

6. Toe het hy gekom by ’n poort waarvan die voorkant na die ooste lê, en hy het met sy trappe opgegaan en die drumpel van die poort gemeet: een roede die breedte, en die ander drumpel: een roede die breedte.

7. En elke sykamer: een roede die lengte en een roede die breedte; en tussen die sykamers: vyf el; en die drumpel van die poort langs die voorportaal van die poort aan die binnekant: een roede.

8. Ook het hy die voorportaal van die poort aan die binnekant gemeet: een roede.

9. Toe het hy die voorportaal van die poort gemeet: agt el, en sy deurposte: twee el; die voorportaal van die poort was aan die binnekant.

10. En die sykamers van die poort na die ooste was drie aan die een en drie aan die ander kant; al drie het dieselfde afmeting gehad; ook het die deurposte aan weerskante dieselfde afmeting gehad.

11. Verder het hy die wydte van die poortingang gemeet: tien el; die lengte van die poort: dertien el.

12. En daar was ’n afskorting voor die sykamers van een el aan die een kant, en ’n afskorting van een el aan die ander kant; en elke kamer was ses el aan die een, en ses el aan die ander kant.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 40