Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 4:10-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. En jou voedsel wat jy moet eet, sal in gewig wees twintig sikkels elke dag; van tyd tot tyd moet jy dit eet.

11. Jy moet ook water by die maat drink, die sesde deel van ’n hin; van tyd tot tyd moet jy dit drink.

12. En as garskoeke moet jy dit eet en dit op die mis van mensedrek bak voor hulle oë.

13. Toe sê die Here: So sal die kinders van Israel hulle brood onrein eet onder die nasies waarheen Ek hulle sal verdrywe.

14. En ek sê: Ag, Here Here! Kyk, my siel is nooit verontreinig nie, en ek het van my jeug af tot nou toe geen aas of iets wat verskeur is, geëet nie, en daar het geen bedorwe vleis in my mond gekom nie.

15. Toe sê Hy vir my: Kyk, Ek het vir jou beesmis gegee in plaas van mensedrek; daarop moet jy jou brood klaarmaak.

16. Ook het Hy vir my gesê: Mensekind, kyk, Ek verbreek die staf van die brood in Jerusalem, en hulle sal brood by die gewig en met kommer eet en water by die maat en in stomme smart drink;

17. sodat hulle gebrek aan brood en water het, en die een met die ander verstom staan en in hulle ongeregtigheid wegkwyn.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 4