Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 38:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VERDER het die woord van die Here tot my gekom en gesê:

2. Mensekind, rig jou aangesig teen Gog, in die land Magog, die vors van Ros, Meseg en Tubal, en profeteer teen hom

3. en sê: So spreek die Here Here: Kyk, Ek het dit teen jou, o Gog, vors van Ros, Meseg en Tubal!

4. En Ek sal jou weglok en hake in jou kakebene sit en jou laat uittrek en jou hele leër, perde en ruiters, almal volkome toegerus, ’n groot menigte met die groot en die klein skild, wat almal die swaard hanteer;

5. Perse, Kusiete en Putéërs saam met hulle, almal met skild en helm;

6. Gomer en al sy leërs, die huis van Togárma, in die uithoeke van die Noorde, en al sy leërs — baie volke saam met jou.

7. Hou jou reg en maak jou klaar, jy en al jou menigtes wat by jou vergader het; en wees vir hulle ’n leidsman.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 38