Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 38:1-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VERDER het die woord van die Here tot my gekom en gesê:

2. Mensekind, rig jou aangesig teen Gog, in die land Magog, die vors van Ros, Meseg en Tubal, en profeteer teen hom

3. en sê: So spreek die Here Here: Kyk, Ek het dit teen jou, o Gog, vors van Ros, Meseg en Tubal!

4. En Ek sal jou weglok en hake in jou kakebene sit en jou laat uittrek en jou hele leër, perde en ruiters, almal volkome toegerus, ’n groot menigte met die groot en die klein skild, wat almal die swaard hanteer;

5. Perse, Kusiete en Putéërs saam met hulle, almal met skild en helm;

6. Gomer en al sy leërs, die huis van Togárma, in die uithoeke van die Noorde, en al sy leërs — baie volke saam met jou.

7. Hou jou reg en maak jou klaar, jy en al jou menigtes wat by jou vergader het; en wees vir hulle ’n leidsman.

8. Ná baie dae sal jy bevel ontvang; aan die einde van die jare sal jy ’n land intrek wat van die swaard weer reggekom het, wat versamel is uit baie volke, op die berge van Israel wat gedurigdeur as puinhoop daar gelê het — ja, dit is uit die volke uitgebring, en hulle woon almal in veiligheid.

9. Dan sal jy optrek soos ’n onweer wat aankom, jy sal wees soos ’n wolk om die land te oordek, jy en al jou leërs en baie volke saam met jou.

10. So sê die Here Here: In dié dag sal daar gedagtes in jou hart opkom, en jy sal ’n listige plan beraam

11. en sê: Ek sal optrek teen die land wat ooplê, ek sal kom by rustige mense wat in veiligheid woon; wat almal woon sonder muur en geen grendel of poorte het nie;

12. om buit te maak en roof te rowe, om jou hand uit te steek teen die puinhope wat weer bewoon is, en teen ’n volk wat uit die nasies versamel is, wat vee en goed verwerf het, wat op die middelpunt van die aarde woon.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 38