Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 35:7-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. En Ek sal die berg Seïr ’n woesteny en wildernis maak, en uit hom uitroei die wat deurtrek en wat terugkom.

8. En Ek sal sy berge vol maak met die wat uit hom verslaan is; jou heuwels en jou dale en al jou klowe — die wat verslaan is deur die swaard, sal daarin val.

9. Ewige wildernisse sal Ek jou maak, en jou stede sal nie bewoon word nie; en julle sal weet dat Ek die Here is.

10. Omdat jy sê: Die twee nasies daar en die twee lande sal myne wees, en ons sal dit in besit neem — terwyl tog die Here daar gewees het —

11. daarom, so waar as Ek leef, spreek die Here Here, Ek sal handel volgens jou toorn en jou naywer waarmee jy uit jou haat teen hulle gehandel het; en Ek sal onder hulle bekend word as Ek jou oordeel.

12. En jy sal weet dat Ek, die Here, al jou lasterlike woorde gehoor het wat jy teen die berge van Israel gespreek het deur te sê: Hulle lê woes, hulle is aan ons gegee tot spys.

13. So het julle dan jul groot gehou teen My met julle mond en julle woorde teen My opgehoop; Ek het dit gehoor.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 35