Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 35:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VERDER het die woord van die Here tot my gekom en gesê:

2. Mensekind, rig jou aangesig teen die berg Seïr en profeteer teen hom.

3. En sê vir hom: So spreek die Here Here: Kyk, Ek het dit teen jou, o berg Seïr! En Ek sal my hand teen jou uitstrek en jou ’n wildernis en ’n woesteny maak.

4. Ek sal jou stede ’n puinhoop maak, en jy self sal ’n wildernis word; en jy sal weet dat Ek die Here is.

5. Omdat jy ’n ewige vyandskap koester en die kinders van Israel in die mag van die swaard oorgelewer het in die tyd van hulle onheil, in die tyd van uiteindelike afrekening,

6. daarom, so waar as Ek leef, spreek die Here Here, gewis, Ek sal jou tot bloed maak, en bloed sal jou vervolg; omdat jy bloed nie gehaat het nie, sal bloed jou vervolg.

7. En Ek sal die berg Seïr ’n woesteny en wildernis maak, en uit hom uitroei die wat deurtrek en wat terugkom.

8. En Ek sal sy berge vol maak met die wat uit hom verslaan is; jou heuwels en jou dale en al jou klowe — die wat verslaan is deur die swaard, sal daarin val.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 35