Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 33:17-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. Maar die kinders van jou volk sê: Die weg van die Here is nie reg nie, terwyl tog hulle eie weg nie reg is nie.

18. As die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen, dan sal hy ten gevolge daarvan sterwe.

19. En as die goddelose hom bekeer van sy goddeloosheid en reg en geregtigheid doen, dan sal hy ten gevolge daarvan lewe.

20. Tog sê julle: Die weg van die Here is nie reg nie. Ek sal julle oordeel, elkeen volgens sy weë, o huis van Israel!

21. EN in die twaalfde jaar van ons ballingskap, in die tiende maand op die vyfde van die maand, het ’n vlugteling uit Jerusalem na my gekom met die woorde: Die stad is ingeneem!

22. En die hand van die Here was op my in die aand, voordat die vlugteling gekom het; en Hy het my mond geopen teen die tyd dat hy in die môre na my gekom het. So is dan my mond geopen, en ek was nie meer stom nie.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 33