Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 30:6-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. So sê die Here: Ja, hulle sal val wat Egipte ondersteun, en sy trotse mag sal wegsink; van Migdol af tot by Siëne sal hulle daarin val deur die swaard, spreek die Here Here.

7. En dit sal verwoes wees tussen die verwoeste lande in, en sy stede sal wees tussen die verwoeste stede in.

8. En hulle sal weet dat Ek die Here is, as Ek ’n vuur werp in Egipte en al sy helpers verbreek word.

9. In dié dag sal daar boodskappers voor My uit wegvaar in skepe om die sorgelose Kus te verskrik; en dan sal daar angs onder hulle wees soos in die dag van Egipte. Want kyk, dit kom!

10. So sê die Here Here: Ja, Ek sal aan die menigte van Egipte ’n einde maak deur die hand van Nebukadrésar, die koning van Babel.

11. Hy en sy volk saam met hom, die geweldigste nasies, word aangevoer om die land te verwoes; en hulle sal hul swaarde teen Egipte uittrek en die land vul met gesneuweldes.

12. En Ek sal die strome droë grond maak en die land verkoop in die hand van kwaaddoeners en die land met sy volheid verwoes deur die hand van vreemdes. Ek, die Here, het dit gespreek.

13. So sê die Here Here: Ek sal ook die drekgode vernietig en die afgode laat verdwyn uit Nof, en daar sal geen vors meer wees uit Egipteland nie; en Ek sal vrees in Egipteland verwek.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 30