Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 24:24-27 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

24. En Eségiël sal vir julle ’n sinnebeeld wees; net soos hy gedoen het, sal julle doen; as dit kom, sal julle weet dat Ek die Here Here is.

25. En wat jou aangaan, mensekind, sekerlik, die dag as Ek hulle vesting van hulle af wegneem, hulle heerlike vreugde, die lus van hulle oë en die verlange van hulle siel, hulle seuns en hulle dogters,

26. op dié dag sal ’n vlugteling na jou toe kom om jou dit te verkondig.

27. Op dié dag sal jou mond geopen word tegelyk met dié van die vlugteling, en jy sal spreek en nie meer stom wees nie. So sal jy dan vir hulle ’n sinnebeeld wees, en hulle sal weet dat Ek die Here is.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 24