Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 22:4-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Deur die bloed wat jy vergiet het, het jy skuldig geword; en deur jou drekgode wat jy gemaak het, is jy verontreinig; en jy het jou dae verhaas en tot by jou jare gekom. Daarom maak Ek jou tot ’n smaad vir die nasies en ’n spot vir al die lande.

5. Die wat naby en die wat ver van jou af is, sal jou bespot, o onreine van naam, vol van rumoer!

6. Kyk, die vorste van Israel was in jou, elkeen na sy krag, om bloed te vergiet.

7. Hulle het vader en moeder in jou verag, die vreemdeling in jou met geweld behandel, wees en weduwee in jou verdruk.

8. My heilige dinge het jy geminag en my sabbatte ontheilig.

9. Kwaadsprekers was daar in jou om bloed te vergiet, en by jou het hulle op die berge geëet en skandelikheid in jou gedoen.

10. Hulle het die skaamte van die vader in jou ontbloot; haar wat onrein was deur maandelikse onreinheid, het hulle in jou onteer.

11. Die een het ’n gruwelike ding gedoen met die vrou van sy naaste, en die ander het sy skoondogter verontreinig deur ’n skandelike daad, en ’n derde het in jou sy suster, sy vader se dogter, onteer.

12. Hulle het omkoopgeskenke in jou aangeneem om bloed te vergiet; rente en woeker het jy geneem en jou naaste te veel laat betaal deur verdrukking, maar My het jy vergeet, spreek die Here Here.

13. Kyk, so slaan Ek dan in my hand oor jou onregverdige wins wat jy gemaak het, en oor jou bloedskuld wat in jou is.

14. Sal jou hart standhou of jou hande sterk wees in die dae as Ek met jou handel? Ek, die Here, het dit gespreek en sal dit doen.

15. En Ek sal jou verstrooi onder die nasies en jou versprei in die lande, en Ek sal jou onreinheid uit jou wegruim.

16. En jy sal deur jouself ontheilig wees voor die oë van die nasies; en jy sal weet dat Ek die Here is.

17. Verder het die woord van die Here tot my gekom en gesê:

Lees volledige hoofstuk Eségiël 22