Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 22:1-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VERDER het die woord van die Here tot my gekom en gesê:

2. En jy, mensekind, wil jy oordeel, wil jy oordeel die bloedstad? Maak hom dan al sy gruwels bekend

3. en sê: So spreek die Here Here: Stad wat daarbinne bloed vergiet, dat sy tyd kan kom, en drekgode teen homself maak, om hom te verontreinig!

4. Deur die bloed wat jy vergiet het, het jy skuldig geword; en deur jou drekgode wat jy gemaak het, is jy verontreinig; en jy het jou dae verhaas en tot by jou jare gekom. Daarom maak Ek jou tot ’n smaad vir die nasies en ’n spot vir al die lande.

5. Die wat naby en die wat ver van jou af is, sal jou bespot, o onreine van naam, vol van rumoer!

6. Kyk, die vorste van Israel was in jou, elkeen na sy krag, om bloed te vergiet.

7. Hulle het vader en moeder in jou verag, die vreemdeling in jou met geweld behandel, wees en weduwee in jou verdruk.

8. My heilige dinge het jy geminag en my sabbatte ontheilig.

9. Kwaadsprekers was daar in jou om bloed te vergiet, en by jou het hulle op die berge geëet en skandelikheid in jou gedoen.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 22