Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 21:5-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. En alle vlees sal weet dat Ek, die Here, my swaard uit sy skede getrek het; dit sal nie meer daarin terugkeer nie.

6. Maar jy, o mensekind, sug; sug voor hulle oë met verbreking van lendene en bitterheid.

7. En as hulle vir jou sê: Waarom sug jy? dan moet jy antwoord: Oor die tyding, want dit kom; en elke hart sal versmelt, en al die hande sal slap word en elke gees sal verstomp en al die knieë sal wegvloei soos water. Kyk, dit kom, en dit sal gebeur, spreek die Here Here.

8. En die woord van die Here het tot my gekom en gesê:

9. Mensekind, profeteer en sê: So spreek die Here. Sê: ’n Swaard, ’n swaard is skerpgemaak en ook geskuur;

10. om ’n slagting aan te rig, is dit skerpgemaak, om soos weerlig te wees, is dit geskuur. (Of moet ons bly wees deur te sê: Die septer van my seun verag elke hout?)

11. En Hy het dit gegee om te skuur, dat hulle dit in die hand kan vat; dit is skerpgemaak, die swaard, en dit is geskuur om dit in die hand te gee van hom wat doodslaan.

12. Skreeu en huil, mensekind; want dit gaan teen my volk, dit gaan teen al die vorste van Israel: aan die swaard is hulle oorgelewer saam met my volk; daarom, slaan op die heup.

13. Want die proef is gemaak — en hoe dan as ook die septer wat verag, daar nie meer sal wees nie? spreek die Here Here.

14. En jy, mensekind, profeteer en slaan hand teen hand, sodat die swaard verdubbel word, tot drievoudig toe, ’n moordende swaard is dit, ’n moorddadige swaard, die grote, wat hulle omsweef.

15. Ek het die slagbank van die swaard opgestel teen al hulle poorte, dat die hart kan smelt en die struikelblokke baie kan wees. Ag, dit is gemaak tot ’n weerligstraal, dit is glad gemaak om te slag.

16. Bly aanmekaar, o swaard! Gaan regs, maak ’n aanval, gaan links, waarheen jou snykant ook al gerig is.

17. So sal Ek dan ook my hand teen my hand slaan en my grimmigheid tot rus bring; Ek, die Here, het dit gespreek.

18. Verder het die woord van die Here tot my gekom en gesê:

19. En jy, mensekind, maak vir jou twee paaie waarlangs die swaard van die koning van Babel kan kom; uit een land moet altwee uitgaan; en sny ’n wegwyser uit; sny dit uit by die begin van die pad na ’n stad;

Lees volledige hoofstuk Eségiël 21