Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 21:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN die woord van die Here het tot my gekom en gesê:

2. Mensekind, rig jou aangesig teen Jerusalem en laat jou rede druppel teen die heiligdomme en profeteer teen die land van Israel;

3. en sê aan die land van Israel: So spreek die Here: Kyk, Ek het dit teen jou, en Ek sal my swaard uit sy skede trek en uit jou uitroei die regverdige en die goddelose.

4. Omdat Ek uit jou uitroei die regverdige en die goddelose, daarom sal my swaard uit sy skede uitgaan teen alle vlees, van die suide tot die noorde.

5. En alle vlees sal weet dat Ek, die Here, my swaard uit sy skede getrek het; dit sal nie meer daarin terugkeer nie.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 21