Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 19:11-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. En dit het sterk takke gekry om as septers vir heersers te dien, en sy top was hoog tussen die digte takke in; en dit het hom vertoon in sy hoogte, in die menigte van sy ranke.

12. Maar dit is in grimmigheid uitgeruk, teen die grond gegooi, en die oostewind het sy vrugte laat verdroog; hulle is afgeruk en het verdroog; sy sterk tak — die vuur het dit verteer.

13. En nou is dit geplant in die woestyn, in ’n dor en dorstige land.

14. En vuur het uitgegaan uit sy tak vol lote, dit het sy vrugte verteer; en geen sterk tak is daarin as septer om te heers nie. ’n Klaaglied is dit, en ’n klaaglied het dit geword.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 19