Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 19:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VERDER, hef jy ’n klaaglied aan oor die vorste van Israel,

2. en sê: Wat was jou moeder? ’n Leeuin: tussen die leeus het sy gelê, onder die jong leeus het sy haar kleintjies grootgemaak.

3. En sy het een van haar kleintjies opgekweek, ’n jong leeu het hy geword; en hy het geleer om prooi te verskeur, hy het mense geëet.

4. En die nasies het van hom gehoor; in hulle vangkuil is hy gevang, en hulle het hom met hake na Egipteland gebring.

5. En toe sy sien dat sy teleurgestel is, haar hoop verlore, het sy ’n ander een van haar kleintjies geneem, hom ’n jong leeu gemaak.

6. En hy het rondgeloop onder die leeus, het ’n jong leeu geword en geleer om prooi te verskeur; hy het mense geëet.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 19